20220206 Preek Christus Christen Gesalfde Messias salf salwing. Die doop wys ons ons kan alles onderhou wat die Here sê

Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus sy salwing met olie om Here te wees, verander het as ʼn salwing deur sy doop met water. Christus se doop met water is sy salwing om Here te wees. Daarom kan ons nooit soos Jesus gedoop word nie. Ons kan nie soos Hy as die Christus gedoop word nie. Ons word gedoop om te wys dat Christus ons so reg gemaak het dat ons alles kan onderhou wat God ons beveel. Ons onderhou alles wat God ons beveel as mense wat reg en heilig gemaak is.