2022.01.02 Preek Nuwe jaar vooruitsig verwagting moedeloos eer. Christus se liefde en diens is ons toekoms

Inhoud Ons toekoms is Christus se liefde en ons diens aan Christus as sy kerk. Christus self sal alle kragte en magte in sy voorsienigheid só bestuur dat alles sal meewerk om ons toekoms in sy liefde en diens te verseker. Daarom sien ons nie ons toekoms is die kragte en magte van die owerhede van hierdie wêreld nie. Ons soek dit ook nie in ons eie gesinne en gemeenskap nie. Meer en totaal anders as wat ons kan dink of beplan is Christus besig om ons deur alle kragte en magte na ons toekoms met hom te lei.