20210905 Swaarkry inspanning stres. Ons dien God binne die spanningsveld van die troos en lyding van Christus

Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons swemafrigter is wat ons deur ons vrese en onbeholpenheid heen vat om ons te oefen binne ons diensbaarheid aan God. Christus laat ons leef binne die spanningsveld van troos en lyding as die ruimte waarin ons God dien. Afgodsdiens wil buite hierdie inspanning van godsdiens leef en verval daarom binne die wisselvalligheid van opgewondenheid en stres. In spiritualiteit is Jesus nie meer ons lewensafrigter nie, maar net ʼn animasie-karakter in ons ontvlugting uit die eise van ʼn diensbare lewe aan God.