20210827 Preek Roudiens begrafnis. Ons diens aan die Here is onverganklik, onbesmet en onverwelklik

Inhoud Christus maak ons diens aan God onverganklik, onbesmet en onverwelklik, omdat Hy ons as mense liggaamlik weer uit die dood sal laat opstaan. Ons diens vandag aan die Here is deel van ons toekoms, nie deel van ons verlede nie. Met hierdie hoop kan ons aanhou goed doen deur swaarkry heen.