20210718 Preek staatsgreep opstand onrus anargie. Konings regeer deur die guns van God, nie van die massa nie

Inhoud Hierdie preek wys die oorsprong, inhoud en verloop van Absalom se beplande staatsgreep teen Dawid. Dit wys ook Dawid se staatsmanskap tydens hierdie staatkapingspoging en hoe God sy raadsplan om Salomo koning te maak uitvoer deur Absalom as moordenaar en anargis met sy eie geweld te vernietig. In hierdie uitleg van hierdie staatsgreep kan gelowiges ontdek hoe God voor, tydens en deur ʼn staatsgreep konings aanstel wie in sy guns is en mense wat in mense se guns is met hulle eie geweld waarmee hulle na mag gryp vernietig.