2021.12.25 Kersfees Maria heilig moeder van God oermoeder diensmeisie. Christus is God se ontfermende liefde vir ons

Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus die Kneg van God is wat uit Maria as geringe diensmeisie gebore is. God maak Maria nie ʼn magtige vrou deur haar Jesus se ma te maak nie. God maak haar kosbaar, heilig in sy liefde en diens. God word mens deur Maria. God word nie god binne in Maria nie. So word God mens tussen mense sodat ons vir sy liefde geheilig is om mens tussen mense vir God te wees. God maak ons kosbaar vir sy liefde sodat ons liefde as sondaars vir God volhoubaar kan wees. Christus maak God die Vader ons Vader, nie sy ma ons koningin- of oermoeder nie. Die Rooms Katolieke Kerk soek ʼn magtige godsmoeder en die Pinksterbeweging ʼn oermoeder om goddelik te wees, nie ʼn Kneg van ʼn diensmeisie wat hulle diensbaar maak nie.