2021.12.05 Preek bruid bruidegom prostituut ruim huis bordeel. Die Nagmaal is ons uitnodiging na die Lam se bruilofsfees

Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges met Christus se wederkoms bestem is vir die bruilofsfees met Hom as Lam, nie vir oordeel nie. Christus is vir ons met sy wederkoms die Bruidegom en sy kerk is sy bruid wie Hy openbaar Homself vir ewig in sy liefde mee gaan verenig. Christus is bruidegom vir sy hele kerk, wat was, wat is en wat nog sal kom. Christus verwerp en verniel die groot prostituut van hierdie wêreld wat maak asof sy ook een van sy geliefdes is. Die ruim huis van die valse kerk is ʼn geestelike bordeel, nie die stad waarin Christus met sy bruid saam leef nie. Hulle maak van die Here ʼn ontroue Bruidegom, ʼn bigamis wat vir sy kerk en die prostituut man moet wees en ʼn poligamis wat alle godsdienste van die wêreld omhels.