2021.10.31 Preek Troos vertroosting geluk pyn inspanning volle lewe. Die Here is ons Vertrooster nie ons gelukbringer nie

Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die Heilige Gees as Trooster en die gees van afgodsdiens wat die gelukbringer is. Dit wys die verskil tussen die troos wat Christus bring waardeur ons altyd in God die Vader se liefde leef en die gees van geluksaligheid waarin mense in goeters geluk vind. Dit wys hoe ons getroos in Christus in alle tye van die lewe voluit kan leef vir God en hoe hulle wat geluksaligheid ervaar in geen tyd kan inpas waarin hulle leef nie.