Hulpbronne in “Brandpunte”
2008.02.26 Die navolging van Christus deur lidmate in teenstelling met die nabootsing van God deur geestelike leiers
In hierdie dokument kry u die standpunt van die NG Kerkraad Levubu wat ingeneem is toe die Algemene Sinode leraars wou verplig om as voorgeskrewe plig God na te boots, in plaas daarvan dat hulle Christus moet navolg. U kry ook die volledige weergawe van hoe die kerkraad homself met hierdie standpunt kerkregtelik moes handhaaf teen die druk om hulle aan die mag van die geestelikheid van die moderne Christelikheid kerkordelik te moes onderwerp. Met hierdie verset het die kerkraad die druk om later die Belharbelydenis te moes aanvaar, omdat lidmate die predikante as geestelike bemagtigde leiers moes naboots, afgeweer.
Lees of AflaaiGEMARGINALISEERDE GEESTELIKES PROBEER Ñ NUWE MAGSBASIS KRY VIR HULLE UITGEDIENDE WIT EN SWART BURGERLIKE VERSOENING.
‘n Verkenning van die massademonstrasie van wit Afrikaners en swartes wat die NG Kerk se bemagtigde leiers beplan op 11 en 16 Junie 2016 om hul self as die nuwe versetleiers te posisioneer teen die regering
Lees of Aflaai02 brandpunte Die bekeringsdoop
Jesus is nooit met ʼn bekeringsdoop gedoop nie. Daarom kan ʼn mens nie jou bekeringsdoop regverdig met die doop van Jesus nie. Jesus se doop is nie ʼn voorbeeld van hoe ons met water gedoop word nie. Dit is hoe die Here begin om die plek van sondaars in te neem as sy werk.
Lees of Aflaai03 brandpunte Hoekom die woord regverdigmaking in die Bybel nie met vryspraak vertaal kan word nie
Christus maak ons regverdig deur ons te laat deel in wie Hy as mens is en wat Hy vir ons gedoen het. Jesus was nooit vrygespreek nie. Daarom kan Hy dit nie met ons deel nie. Die vertaling “vryspreek” maak regverdigmaking ʼn verklaring sonder gemeenskap met Christus.
Lees of Aflaai04 brandpunte Optimale gehoorsaamheid en homoseksualiteit
Met die debat oor homoseksualiteit wil die kerk ʼn nuwe tipe gehoorsaamheid as regverdig: optimale gehoorsaamheid, die bes moontlike gehoorsaamheid binne en volgens my sondige geaardheid. Dit vervang die volkome gehoorsaamheid waartoe God se genade ons verbind.
Lees of Aflaai05 Jesus Christus en genesing
Hierdie dokument het op 12 Augustus 2000 voor die ring van Louis Trichardt gedien om geloofrigting te gee onder die druk wat die Charismatiese pelgrimstogte na die Nigeriese genesingsherlewings onder leiding van TB Josua op die gemeentes geplaas het.
Lees of Aflaai06 1984.09.25 Die doopsondersoekkommissie verslag van die kerkraad van Levubu
Hierdie verslag het die werklike oorsaak van die herdoopprobleem binne die NG Kerk uitgewys: die tipe bekering wat die NG Kerk self verkondig om God se genade sou te ontvang. Dit is die eerste keer wat die teenstelling geloof en valse bekering gemaak is.
Lees of Aflaai07 1986.08.19 Levubu gemeentebouverslag uitgestuur aan alle NG Kerkrade besluit 36.1.2
Hierdie verslag het die eerste keer in die NG Kerk die twee geestelike ervarings van die moderne Christelikheid as deel van die NG Kerk se eie bediening uitgewys en as ʼn valse geestelikheid uitgewys.
Lees of Aflaai