Les 1. God het ons regtig lief en ons het Hom lief en dis nie speel-speel liefde nie

1.  Inleiding.

Hierdie jaar gaan ons kyk hoe is ons regtig die Here se kinders. Daar is ’n groot verskil tussen regtig en speel-speel.

Speel-speel is soos wanneer kinders huis-huis speel. Dan speel kinders party is pa en ma en ander is kinders, maar alles is net speel-speel. Die pa is speel-speel pa, nie regtig nie. Die ma is speel-speel ma, nie regtig nie. Die kinders in hierdie speel- speel is ook speel-speel kinders nie regtig kinders nie.

Om speel-speel pa, ma en kinders te wees, is heeltemal iets anders om regtig pa, ma en kinders te wees….