20220710 Preek mens van wetteloosheid geheim oordeelsdag. Christus verwesenlik ons geloofsdade binne ‘n wettelose gemeenskap

Inhoud Hierdie preek wys wie die wettelose mens is en hoe hy homself binne die gemeenskap met sy goddeloosheid en wetteloosheid laat geld. Dit wys ook hoe die valse kerk die dienaar van die wettelose mens is. Christus laat deur sy krag ons geloofsgehoorsaamheid groei binne ʼn wettelose gemeenskap omdat ons God dien uit liefde en nie uit die verwagting van beloning vir goeie dade of die vrees vir oortredings nie. Waar wetteloosheid die ywer vir en vrees vir God laat verdwyn, dien gelowiges God nog steeds in geloofsgehoorsaamheid.