2022.07.03 Preek oorgawe verloën liefde. Deur selfverloëning kan ons onsself weer gee in liefde

Inhoud Hierdie preek wys wat is die verskil tussen selfverloëning en om Christus te verloën. Selfverloëning is om te glo in jou eenheid met Christus en só te glo dat God jou nie aankla, beskuldig, veroordeel, vervloek, straf of verwerp vir jou sonde nie. Om Christus te verloën is om te glo dat Hy vir jou ʼn voorbeeld is oor hoe jy jouself voor God moet aankla, beskuldig, veroordeel, vervloek en verwerp om jouself vir God geestelike te maak.