2021.02.14 Preek kunsmatig beeld speel behoort. Christus maak ons vir mekaar reg in die regte skepping

Inhoud Hierdie preek wys hoe die verdraaiing van Jesus Christus as God na ʼn afgod menslike verhoudings verwring. Mense maak Jesus ʼn afgod sodat God hulle besitting kan wees. Hulle maak God hulle besitting met dade soos om God aan te neem en God hul eie te maak. Wie God hul besitting maak, is bemagtig om mense ook hul besittings te maak sodat hulle mense maak soos hulle mense sien en wil hê, en volgens hul begeertes gebruik, terwyl almal in hierdie disfunksionele menswees glo hulle ervaar ware liefde. Christus verlos mense uit hierdie verlorenheid deur hulle net aan Hom te laat behoort en aan mekaar te gee soos Hy as God hulle as mense vir mekaar bedoel.