2021.01.23 Preek Troue huwelik verenig trou. Christus verenig man en vrou om mekaar as eggenote lief te he

Inhoud Preek Hierdie preek wys dat in die huwelik leef ons uit twee geheimenisse: ons vereniging met Jesus Christus en ons vereniging as man en vrou. Beide hierdie vereniging is nie verhoudings nie maar verbintenisse wat God deur ʼn magsdaad skep waarin Hy twee met mekaar verenig om een te wees. Hy verenig ons met Hom as mens in die hemel om ons sondes te deel en ons sy heiligheid, smetloosheid en onberispelikheid te laat deel. Hy verenig ons as man en vrou om in en vir mekaar “husband” and “wife te wees. In ons vereniging met Christus aanvaar ons mekaar as man en vrou soos Hy ons aanvaar, en nie hoe ons onsself aanvaar nie, skuld ons mekaar vir ons sondes niks behalwe liefde en kan ons liefde van onbelangrike dinge onderskei.