2021.01.05 Preek Begrafnis roudiens klaar verlaat vashou los. Christus laat ons vir Hom leef – in lewe en sterwe

Inhoud Hierdie preek wys dat elke gelowige se dood is ingesluit in die dood wat die Here gesterf het. Daarom sterf geen gelowige godverlate nie. Christus het hierdie krag van die dood vernietig in sy dood. Daarom kan die dood nooit die manier wees waarop God klaar is met ons en ons lewe nie. Hy laat ons altyd vir Hom leef ook deur die dood heen. In ons eie doodsangs en doodsvrees kan ons nooit die angs van godverlatenheid beleef nie omdat ons ingesluit is in Christus wat dit vir ons gedra het om dit vir ons te spaar.