20201206 Preek Getuig Getuienis Getuie belydenis. Ons getuig oor Christus nie soos Christus nie

Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus oor Homself getuig omdat net Hy geloofwaardig is om oor homself te getuig, geen mens nie. Hy is God wat deur sy verlossingswerke van sy lyding tot sy verhoging sy eie geloofwaardigheid, waarheid en geldigheid bevestig. Geen mens se vertelling kan aan Hom as Here en God geloofwaardigheid en geldigheid gee of die waarheid oor wie Hy is bevestig nie, Daarom aanvaar die Here nooit sulke getuienisse oor hom nie. Ons getuig net deur te glo in sy getuienis oor Homself. In vandag se kerke word Christus se getuienis oor Homself nie meer verkondig nie, maar mense geleer hoe om God as geloofwaardig, geldig en waar te bemark.