20201011 Preek Doop identifiseer bekeer geloofsdoop. Ons word in die Naam van Jesus, nie soos Jesus gedoop nie

Inhoud Hierdie preek wys dat ons in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees gedoop word, omdat ons nie met Jesus se doop gedoop kan word nie. Ons kan nie saam met Hom ly, gekruisig word, sterf en uit die dood uit opstaan soos Hy nie. Ons word in Jesus se Naam gedoop omdat Hy ons laat deel in alles wat Hy vir ons bewerk, nie omdat ons ook doen wat Hy doen nie. Wie in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees gedoop is, kan elke dag in hierdie Naam tot bekring kom volgens God se wet as dienaar van God. Wie soos Jesus met sy doop gedoop wil wees, identifiseer deur Jesus met God se mag en krag en kan nooit weer as ʼn dienaar van God volgens God se wet bekeer nie.