20200725 Preek Matteus 22 verse 31, 32 Roudiens opstanding treur hoop vreugdefees. Christus is Here van die lewendes

Inhoud Preek Matteus 22 verse 31, 32 Roudiens opstanding treur hoop vreugdefees. Hierdie preek wys dat Christus Here van die lewendes is en nie Here vir die geeste van dooie mense is nie. Al is ons gees in ons doodsoomblik met Christus, is Hy die Here wat ons weer lewende mense van vleis en bloed sal maak om as mense met Hom in die nuwe skepping te leef. Daarom leef ons nie met die houding om ʼn vol lewe te leef nie, maar ʼn vervulde lewe in diens van die Here te leef waarin ons weer mens met Hom sal wees. In hierdie hoop is ons nie ligsinnig bly oor die dood van geliefdes nie, maar rou ons as mense wie liefde gegee en ontvang het in die hoop dat hierdie liefde in die toekoms behoue is.