20200705 Preek Efesiërs 4 Vader woon drie eenheid Vreemdelinge. God die Vader woon in die liggaam van Christus deur die Gees

Inhoud Preek Efesiërs 4 Vader woon drie eenheid Vreemdelinge. Ds. Petrus Kriel. Hierdie preek wys dat God die Vader sy kerk sy woonplek maak deur sy kinders in al sy seëninge as Vader te laat deel. Dit staan teenoor die afgodsdiens van die moderne Christelikheid waar mense se lywe ʼn goddelike gees se blyplek word wat valslik die doop of vervulling met God se Gees genoem word. Mense moet hulself van hul menslikheid leeg maak om vir hierdie goddelike gees ʼn blyplek te wees. Die Vader maak sy kinders nie deur die Heilige Gees leë mense nie, maar vervul hulle met die volheid van sy liefde en genade sodat hulle vervul is met liefde vir Hom as God die Vader. Hierdie goddelike gees wat mense leeg maak, is die gees van die kinders van ongehoorsaamheid. Dit is ʼn vaderlose gees.