20200621 Preek Johannes 2 Messiaanse tempel liggaam moderne heidendom. Chrsitus se liggaam is ons tempel

Inhoud Preek ds. Petrus Kriel Johannes 2 Messiaanse tempel liggaam moderne heidendom. Hierdie preek wys dat Jesus se menswees is ons tempel. Sy menswees is die offer wat ons skuldloos en offerloos vir God laat leef. Sy menswees aan die regterhand van die Vader laat ons leef in die Allerheiligste van God se liefde. Daarom is sy liggaam ons tempel. In die moderne heidendom breek mense hulle eie menslikeheid af en by hulle self weer op om vir God ʼn tempel te wees waarin hulle sy goddelikheid met Hom deel. In hierdie heidendom wys Christus net hoe jy jouself moet afbreek en opbou om vir ʼn goddelike gees ʼn blyplek te wees.