2020.11.22 Preek liefde mag krag gebroke vervul 1 Korintiërs 13. Christus gee ons die gawe van liefde in ‘n gebroke wêreld

Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die liefde van gelowiges en die liefde van Jode. Christelike liefde is liefde wat ʼn gawe is wat ontvang en gegee word net omdat dit liefde is. Die Joodse liefde, soos alle moralistiese liefdes in al die geestelikhede van hierdie wêreld, is nie liefde nie maar net krag en mag wat as kragdadige en magtige liefde geglo word. Met hierdie sogenaamde kragdadige liefde wil mense hulself en ander mense reg kry en heel maak vir God en mekaar. Christelike liefde word nie gegee om mekaar reg en heel te maak nie, maar net omdat liefde is wat ontvang en gegee word. 1 Korintiërs 13 beskryf die liefde wat net liefde is se werksaamheid teenoor die kragtige liefde van alle geestelikhede.