2020.10.25 Preek Plaasmoorde plaasaanvalle verset Christus laat ons deel in sy lyding en aanhou goeie werke doen

Inhoud Plaasmoorde verset. Hierdie preek wys wat is die eiesoortigheid van plaasmoorde en plaasaanvalle wat dit anders as ander misdaad maak. Dit is die tipe geweld deur die regering, gemeenskap en kerke om landbouers as mense wat goed doen, te gekriminaliseer as mense wat onwettig die eiendom van ander beset. Daardeur word misdadigers bemagtig om hulle misdaad as ʼn vorm van regstellende aksie op boere te pleeg. Dit is die motief vir die wreedaardigheid – om hul magteloosheid ten toon te stel. Hierdie is die tipe lyding wat Petrus beskryf as “om in Christus se lyding te deel.” Gelowiges se verset is om nie die mag te glo van hulle wat hulle buite die grens van die staat wil stel nie, deur aan te hou goed doen, dit is aan te hou boer.