2020.08.30 Preek Doop Genees immuun inent oefening Die Here is ons Dokter nie ons fiksheidsinstrukteur nie

Inhoud Preek doop Genees immuun inent oefening. Hierdie preek wys hoe die Here Jesus ons Geneesheer en nie een of ander geestelike fiksheidsinstrukteur is nie. Jesus se lyding, kruisiging, dood en opstanding is waarmee Hy ons ʼn nuwe geaardheid gee wat ons immuniteit teen sonde gee. Jesus se lyding en opstanding kan nooit geestelike oefeninge wees waarin Hy ons deel van sy kamtige geestelikheid maak nie. Christus se doop wys ons Hy is ons Geneesheer wat ons immuniteit teen sonde gee. Sy doop is nie ʼn voorbeeld van net nog ʼn geestelike oefening nie.