2020.07.26 Preek Johannes 17 behoort toewy pleit liefde. Die Vader en Seun wy ons aan hul liefde toe

Inhoud Preek Johannes 17 behoort toewy pleit liefde. Die Vader en Seun wy ons aan hul liefde toe. Hierdie preek wys dat Jesus se gebed in Johannes 17 is nie ʼn innige gebed van ʼn mens tot God wat ons Christus kan na bid nie. Hierdie is ʼn binne-gesprek in God oor God se kinders. In hierdie binnegesprek openbaar God dat Hy as Vader sy kinders in sy liefde aan sy Seun toewy en sy Seun sy kinders aan die Vader toewy. God wy ons aan sy liefde toe. Ons moet nie ons in liefde aan Jesus toewy om die Seun en Vader se gestryery met mekaar oor hul kinders te stop nie. Ons moet nie met ons toewyding die Vader gunstig stem of sy Seun se vernedering om Hom oor ons te moet paai, stop nie.