2020.03.14 Preek straf tug offer bekering leeg niks. Christus neem alle straf en offers vir ons sonde weg

Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen straf en tug. God het Christus gestraf deur van Hom en sy lewe niks te maak sodat ons nooit vir een enkele sonde ooit gestraf sal word nie. God tug ons deur ons sonde in te perk, ons sondes nie te laat werk soos ons dit droom nie en ons die gevolge van ons sonde te laat dra. Bekering van sonde kan nooit straf wegvat nie, net Christus se offer vat alle straf weg. Bekering kan net waarde hê deur Christus se offer en God se tugtiging te glo. In die moderne Christelikheid word mense geleer om God se tug as straf te glo omdat hulle Christus se offer minag en hul lewe vir God as offer vir hul sonde te gee, om besigheid van godsdiens te maak.