2019.12.15 Preek reinheid en rituele. Christus laat ons in God se oorvloedige liefde deel en beëindig so alle selfgereinigde liefde vir God

Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus met dit wat Hy in sy doop en dood gedoen het, ons volkome reinig om deel te wees van die volmaakte liefde van God. Met sy doop en dood beëindig die Here daarom alle selfgereinigde liefde vir God. Die geestelikhede van hierdie wêreld doen presies die teenoorgestelde. Hulle maak hul lewe, gemeenskap en land skoon van Jesus Christus sodat hulle met hul selfreinigende liefde en rituele kan voortgaan. Die ewige lewe van die Here gee is ʼn lewe waarin ek in alles wie ek is en wat ek doen, deel is van God se volmaakte liefde vir my en Hy my gebroke liefde vir Hom as volkome aanvaar. Met selfreinigende liefde moet mense altyd hulself, hul lewe en die mense waarmee hul lewe afsterf om skoon oor te kan begin.