2019.07.28 Preek liefde tuiste kerk verlaat. Ons bly en leef in Christus Hy is nie goddeloses se leplek en broeiplek nie

Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges uit God se liefde en genade in Christus geskep, gevoed en beveilig word. God se liefde is ons tuiste en leefwêreld. Dit wys hoe goddeloses God se genade en liefde die lêplek wil maak vir hul afgodsdiens, maar dit nie kan regkry nie. Want sodra hul vry hul self in hul goddeloosheid wil wees, is dit juis God se liefde en genade wat hul in hul goddeloosheid onderdruk en verstik. Daarom breek hulle dramaties uit die geledere van die kerk van Christus asof hul liefdeloos deur lidmate behandel sou wees, maar eintlik ontuis voel in God se liefde en genade. Gelowiges moet teenoor hierdie goddeloosheid wat die Here se kerk as ʼn slegte plek probeer uitmaak waaruit jy moet wegkom, hul weer tuis vind binne die liefde en genade van God in sy kerk.