2018.10.21 Geloofsgehoorsaamheid 13 Ons bid tot ons Vader wat elke dag voor sorg wat ons nodig het

Inhoud Hierdie preek wys dat ons gebed om ons daaglikse brood is ʼn gebed vir wat God in elk geval ons besig is om mee te versorg, net soos Hy mense wat ongelowig is en nie bid nie ook versorg. Ons bid God om dit wat ongelowiges net as vanselfsprekend aanvaar – God se troue versorging. Ons bid hierdie gebed ook nie uit bekommernis oor God se versorging nie, maar juis in die sekerheid van sy liefdevolle sorg. Daarom kan ons hierdie gebed nie as magsdemonstrasie of as onderhandeling met God bid nie. Ons bid in vertroue vir wat God in elk geval as ons Goeie Vader vir ons voorsien, omdat ons deur ons gebed vir wat ander net sommer aanvaar, God as liefdevolle Vader voor vereer.