2018.07.29 Christus maak en hou ons heilig sodat ons God vrymoedig kan liefhê en dien

Inhoud Hierdie preek wys hoe ons as gelowiges deur Christus heilig, sonder smet en onberispelik vir God gemaak en gehou word, en hoe dit ons lewenswyse verander sodat ons vir God heilig leef. Heilig wees en heilig leef gaan oor hoe ons in God se liefde met liefde vir Hom leef. Dit gaan nooit oor hoe ons deel van God se goddelikheid word nie. Christus maak sy offer die wyse waarop Hy ons elke dag heilig, sonder smet en onberispelik vir God maak en hou. Ons maak ons nie self heilig met gebede, bekerings en oorgawes nie. Heilig leef is ook nie om al minder sondes te doen nie of nog minder om al meer goddelik te word nie. Dit is om jou roeping teenoor God te vervul uit die geloof dat Hy jou heilig maak en heilig hou.