20170331 Christus sluit ons in ʼn liefde in wat nooit vergaan nie daarom kan ons dit ook in die eenheid van man en vrou deurleef

Inhoud. Hierdie is ‘n huwelikspreek vir Ewald en Carla Slabbert. Die preek wys twee soorte liefdes uit. Paulus se eerste eiegeregtigde liefde as Jood waarin hy geglo het sy liefde wat hy het is reg en goed en die tweede liefde wat Hy in Christus gevind het. In Christus het hy ‘n ander liefde as sy eiegeregtigde liefde gevind. Dit is die liefde van die Here wat sy gebroke en misplaasde liefde vir Hom as Here heilig en regverdig. Binne Christus het Paulus ontdek wat liefde is wat net liefde en niks anders is nie. Hierdie is die verskil tussen kinderagtige liefde en volwasse liefde. Man en vrou kan in die eenheid waarin die Here hulle verenig mekaar volwasse liefhe en nie mekaar oorheers met kinderagtige liefde nie.