2017.12.17 Christus het mens geword om God se liefde ons tuiste te maak, nie om ons hel op aarde te kom gee nie

Inhoud Hierdie preek wys dat Christus God is wat mens geword het om vir ons altyd mens te wees in ons plek. Só maak Christus ons tuis in God se liefde. Christus se geboorte is nie vir ons ʼn voorbeeld van wat tussen ons en God moet gebeur nie. Dit is wie Christus is om vir ons die gawe van die ewige lewe met Hom te gee. Wanneer Christus in sy geboorte tot ʼn voorbeeld gemaak word van hoe God in ons gebore moet word, dan het Christus gekom om ons hel op aarde te gee. Want dan is Hy die voorbeeld wat wys dat ons nooit God genoeg vir God se liefde sal wees nie en daarom moet ons niks word sodat God alles in ons lewe kan kom word. Dit is hoe Kersfees ʼn fees word waar God en mense presente uitruil: God gee sy goddelikheid vir mense en mense gee hulle menslikheid vir God. Kersfees is egter die fees van hoe God ons tuis in sy liefde kom maak het.