2017.02.11 Christus is ons goeie Herder wat ons vir ewig in die geborgenheid van God se omvattende sorg en beskerming laat leef

Inhoud Die preek wys op die omvattende sorg en beskerming van God in Psalm 23 waarmee Hy ons binne sy goedheid en troue liefde vir ewig laat leef. Dit wys dat Jesus Christus hierdie wandel met God met sy heilswerk vir ons vervul het. Esmarie de Lange het ʼn gewas teen haar brein ontwikkel wat haar gedeelte blind gemaak het en verwyder moes word vir ʼn kans om te kan leef. Sy het nie uit die operasie weer wakker geword nie, is breindood verklaar en die familie het bygestaan terwyl die masjiene afgesit is. Die preek wys waar sy haar krag vandaan gekry het om haar blindheid, dood en verlies van haar gesin te aanvaar en waar hulle die krag vandaan kry om sonder haar met die Here te wandel.