20160821 Christus verening ons in ‘n liefde wat maklik en eenvoudig is

Inhoud Hierdie preek wys dat die liefde waarin en waartoe Christus ons verenig is maklik en eenvoudig. Ons glo eenvoudig sy liefde en ons glo Hy heilig ons liefde vir Hom. Daarom verbind die Here ons ook tot die eenvoud van die liefde in sy wet. Die liefde laat hierdie wet maklik en eenvoudig wees. Die wet van die Here raak ingewikkeld en moeilik omdat ons die liefde van en vir die Here ʼn ingewikkelde en moeilike saak maak. Ons wil ons sonde ons liefde vir God maak en ons selfgenoegsaamheid sy liefde vir ons.