20160605 Ons aanbid God in Christus. Ons bewonder God nooit en raak nooit verlief op God nie.

2016.06.05 Inhoud. Die preek wys wat is die verskil tussen Jesus Christus as Here en God en Jesus wat ʼn afgod is, soos Hy in die moderne Christelikheid aangebied word. Christus is hoe God God is. Christus is hoe God is wat Hy is. Jesus as afgod is ʼn mens wie ons wys hoe God lyk. Christus word as Here en God aanbid terwyl God in Jesus as afgod bewonder word en die wyse is waarop mense op God verlief raak. Die preek wys op die verskil tussen aanbidding en liefde teenoor bewondering en verliefdheid.