2016.09.04 Ons ken en vertrou God vir die liefde waarin Hy ons insluit en in vashou.

Inhoud Die preek wys die verskil tussen God se liefde wat geopenbaar is en gedemonstreerde liefde. Geopenbaarde liefde is liefde waarin God ons insluit en in laat deel. Afgodsdiens maak van God se liefde ʼn gedemonstreerde skouspel waarby jy nie ingesluit is voor jy nie met God geïdentifiseer het nie. Geloof in Christus is om Hom te ken en te vertrou vir die liefde waarin Hy ons insluit en laat deel. In afgodsdiens word hierdie liefde, en die kennis van en vertroue in hierdie liefde, geminag vir godservarings waarin God se mag as sy liefde geëien word. Daarom minag afgodsdiens die Here se liefde as die kerk se tradisie, die kerk se verstaan van God en die kerk se manier van glo wat nog nie ware liefde met God sou wees nie.