2016.07.10 Die Here het ons gevestig in sy genade daarom kan ons nie goddelose geestelikes se sendingveld wees nie

Inhoud Hierdie preek help lidmate om die aanslag van die nuwe goddeloosheid in die kerk op hulle te herken. Dit wys op die werklikheid dat die goddelose wêreld die kerk as sy sendingveld sien. Christene moet uit hul geloof in en toewyding aan die Here bekeer word om hulle sondige aard as hul ware godbestemde aard te herontdek. Om hierdie sekularisering van die kerk te bereik verkondig geestelikes godestories in die plek van die Woord van God.