2016.05.29 God maak Homself in Christus ons Vader en bevry ons so van sy oordeel om vir ons ʼn afgod te wees

Inhoud God se oordeel oor goddeloses is dat Hy vir hulle die afgod is waarin hulle glo.
Christus het gesterf in hierdie oordeel dat God vir Hom niks anders as ʼn afgod is nie, sodat God, sy Vader, ons Vader kan wees. Hierdeur bevry Christus ons van die waan om onsself te sien as mense wat met die groot sake van God besig is, om weer mense te wees wat met die menslike take en roeping besig is, in die vertroue dat net Hy God is