2014.01.19 Preek Verhouding verenig emulsie disfunksioneel. Ons is verenig met Christus nie in n verhouding nie

Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen ons verbintenis met Christus as vereniging en as verhouding. Christus verenig ons met wie Hy as mens in die hemel is en só deel ons in wie Hy is en Hy in wie ons is. In afgodsdiens is die verbintenis met Christus ʼn intiem persoonlike verhouding, nie ʼn vereniging nie. In hierdie identiteitsverhouding met Christus word die liefde met God vernietig en verplaas met sonde. So word die intiem persoonlike verhouding die grondslag van en vir alle disfunksionele menseverhoudings asof dit liefde is terwyl dit nie is nie.