Hulpbronne in “Spieëlbeeld”

Met satire en woordkuns wil ons die selfbeeld van hulle wat glo ons moet God of sy goddelikheid in hulle raaksien, weerkaats.

Ons wil nie in ʼn ongemaklike vroomheid stil raak voor die skouspel waarin geestelikes en goddeloses hulle self teenoor ons laat geld in die waan dat God in hulle leef en ons in hulle God self moet raaksien nie.

Ons sien hulle anders. Ons sien hulle in hulle eiewaan, hulle magsgevoelens, hulle gebrokenheid en hulle perversies.

Met hierdie satire en woordkuns wil ons weer die grens tussen dit wat privaat is en dit wat openbaar is trek.

Geestelikes en goddeloses wat met God in hulle self identifiseer, het hierdie grensloosheid tussen God en mens ʼn sendingaksie gemaak. Hulle voel en ervaar dat as hulle hul en ons privaatheid openbaar maak, hulle mense nader aan God bring.

Ons wil hierdie beeldestryd aan die orde stel buite die taal van hulle selfwaan en kyk of ons weer ons eie en hulle menslikheid buite hulle godsbeelde kan vind.