Hulpbronne in “MP3 Preke”

20171203 Christus laat ons in God se liefde deel, nie sy goddelikheid nie

Inhoud Hierdie preek wys dat die verskil binne die Christelike gemeenskap vandag tussen God se spesiale kinders en sy gewone kinders, reeds aangepreek was deur die apostel Johannes in sy eerste brief. Die moderne Christelikheid skep die verskil tussen gewone bekeerde Christene en spesiale godsvervulde Christene. Die geestelike oordeel van hierdie godsvervuldes oor gelowiges is die broederhaat wat Johannes uitwys. Johannes wys dat hulle ervaring van goddelikheid hul in die waan van oorwinning oor hul sondigheid laat leef, hul ervaring van goddelikheid nie die liefde van die wet is nie en dat hul intieme eie wees met God nie kennis van God is nie. Teenoor die gewaande onderskeid van God se spesiale kinders en sy gewone kinders stel die apostel die werklike verskil: die verskil tussen kinders van God en kinders van die Duiwel. Hy wys dat hierdie godsvervulde geestelikes is kinders van die Duiwel, nie God se spesiale kinders nie. Op hierdie wyse bevestig Johannes die onderlinge verbondenheid van gelowiges met Christus en met mekaar as die ware gemeenskap van die kerk. Johannes wys dat vandag se godvervuldes is kinders van die Duiwel.

Lees of Aflaai

20171126 Christus sluit ons in sy liefde as God vir ons in. So laat Hy ons liefde van mag onderskei

Inhoud. Hierdie preek wys dat Christus is God. Hy is nie goddelik soos die Jode Hom van beskuldig het nie. Dit is juis omdat hy nie goddelik is, dat hulle Hom nie aanvaar nie. Die eer wat mense vir mekaar gee, is om mekaar as mense lief te hê soos hulle God moes liefhê, met hul hele hart, siel, verstand en al hul krag. Daarom het hulle nie hierdie liefde vir God nie, want hulle het dit vir mekaar. Christus sluit ons weer in in die liefde van God sodat ons God se liefde ken en glo. Omdat ons God se liefde ken en glo, kan ons nie die eer wat mense vir mekaar gee, of gee of ontvang nie. Ons gee aan die Seun die eer dat Hy ons insluit in God se liefde en ken mense as ons naaste. Mense soos ons, wat ons as mens liefhet nes soos ons self, nie soos God nie.

Lees of Aflaai

20170507 God bly getrou in sy belofte om vir ons God te wees al laat Hy ons alles verloor

Inhoud. Psalm 102 is die klag en geloofsbelydenis van ʼn jongmens wat God alles laat verloor het en wie sy lewe Hy gebreek het. In hierdie geloofsworsteling met God vind hierdie jongmens weer binne God se verbondsbeloftes. Vind hy dat hy nog steeds mag aanroep met die verwagting dat God sy gebed sal verhoor. In hierdie verlies en pyn ontdek hy weer dat God sorg omdat Hy God is en nie omdat hy vir God sorg nie. Ontdek hy dat God ʼn nuwe toekoms en geloofsgemeenskap uit niks skep nie, dit terwyl alles wat hy doen soos ou klere is wat verslyt. Ontdek hy dat God nie verslyt nie maar vir ewig getrou bly van geslag tot geslag om vir sy kerk goed te wees. Daarom kan hy binne sy verlies en pyn steeds op God vertrou en nie die nuwe gode van die magsbedeling wat hom onderwerp aanvaar en dien nie.

Lees of Aflaai

20171112 God skep vir sy kinders eie waarde in sy raadsplan deur goddeloses se sonde én sy kinders se sonde en gehoorsaamheid

Inhoud. Hierdie preek wys dat God vir sy kinders ʼn eie waarde skep met ʼn eie diens, eie plek en eie ruimte, al leef hulle onder magte wat hulle van alle eie waarde probeer stroop. God doen dit deur goddeloses se sonde, sowel as die sonde en die gehoorsaamheid van sy kinders te gebruik vir sy bedoeling vir hulle binne sy raadsplan met hulle. God is nie beperk om net sy kinders se gehoorsaamheid te gebruik om sy raadsplanne op aarde uit te voer nie. Daarom mag ons nie in die absolute magte van goddeloses glo asof dit ons lot deur God is of ons eie vroomheid sien as die enigste middel waardeur God sy wil vir ons kan laat geskied nie. Met hierdie geloof sal ons as landbougemeenskap met ʼn eie waarde in God se raadsplan kan koers hou binne die dreigende burgeroorlog waarin “wittes” en “swartes” die landbougrond van landbouers as die slagveld en die landbouers se kinders as kanonvoer vir hulle burgeroorlog opgeëis het.

Lees of Aflaai

20171105 Ons roem in ons swakhede omdat Christus ons beskutting is

2017.11.05 Inhoud. Hierdie preek wys wat is die verskil tussen die openbare geloofsbelydenis van die Christelike Kerk en die geestelike selfvertellings van die moderne Christelikheid. Die getuienis en openbare belydenis van geloof in die Christelike Kerk gaan oor wie Jesus Christus is en wat Hy doen. Geestelike selfvertellings gaan oor wie mense is en wat hulle doen. Hierdie selfvertellings noem Paulus “dwaasheid”, dit is, godsdienstige nonsens. In Handelinge 2 kry ons die eerste openbare getuienis en geloofsbelydenis van die apostels in die preek wat Petrus op Pinksterdag gehou het. Dit staan in direkte kontras met die geestelike nonsens wat Paulus met sarkasme uitwys in 2 Korintiërs 11 en 12. Ons bely ons geloof in die regte liefde van God vir sondaars. Geestelike vertellings skep die valsheid dat mense ʼn liefde voorhou en voorleef wat nie bestaan nie.

Lees of Aflaai

20171008 Christus maak ons bevoeg en bekwaam om mondige kinders van God die Vader te wees

Inhoud. Hierdie preek wys dat God self ons deur Christus in sy liefde opvoed om aan Hom te behoort en vir Hom te leef. God voed ons in sy liefde op deur die evangelie, nie deur die wet nie. Daarom is dit net God self wat ons in sy liefde opvoed. Dit doen Hy self sonder enige tussengangers tussen ons en Hom. God stel ons nooit onder die toesig en beheer van geestelike oppassers nie. Sy liefde gee ons die status en vermoë om sy kinders te wees en as sy kinders te leef. In hierdie liefde is elke kind van die Here koningskind, priesterkind en profetekind want ons leef vry in sy liefde, kan ons liefde aan Hom toewy en sy liefde in Christus bely. Geestelike oppassers ontneem ons hierdie status en vermoë om God se kinders te wees met hulle selfbemagtigde koningskap, priesterskap en profeteskap. Hulle is nie met liefde besig nie maar magsdeling met God en magsverteenwoordiging by mense namens God.

Lees of Aflaai

20171001 Christus maak ons mense wat sonder om gedwing te word goed doen

Inhoud Hierdie preek is ʼn verwerking en uitbreiding van Martin Luther se geskrif: “Oor die vryheid van ʼn Christen.”, wat hy in November 1520 as antwoord aan die pous gestuur het op die finale kennisgewing van sy uitbanning uit die kerk en gemeenskap. Christelike vryheid is om sonder enige dwang om van jouself ʼn beter en meer goeie mens te maak, goed te doen. Dit is om goed te doen omdat jy in en uit die geloof leef dat Christus jou en jou dade vir God goed en reg maak en goed en reg laat wees. Daarom doen Christene nie goed om goed te probeer wees nie. Hulle doen sommer net goed omdat hulle in hul vereniging met Christus vir God goed is. Christene doen goed sonder die innerlike motivering en bedoeling om goed te doen. Hulle doen goed omdat dit net is wie Christus hulle maak en laat wees. Omdat Christus sorg dat ons goed doen, verval alle geestelike instellings, strukture, oefeninge en reëls wie se doel dit is om te sorg dat Christene móét goed doen.

Lees of Aflaai

20170925 God laat ons vir Hom leef in lewe en sterwe

Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die doodsangs van die Psalmskrywer en die doodsangs van Christus aan die kruis waarin Hy met Ps. 22 vers 2 openbaar wat die inhoud en rede vir sy angs is – godverlatenheid. In die werklike greep van die dood kan geen geliefde ʼn mens help nie want die lewe is ʼn gawe wat God alleen gee en neem. Die dood se magsgreep is om die betekenis van die lewe van begin tot einde te vernietig – om te wandel in die liefde van God. Die dood van sy dienaars is vir God geen geringe saak nie. Die dood kan en mag nie ʼn einde maak aan God se liefde vir en van sy dienaars nie. Dan maak die dood God se liefde gering. Daarom het Christus die godverlatenheid van sondaars op Hom geneem sodat in die lewe en in die dood, God se dienaars steeds in sy liefde kan wandel. Christus se godverlatenheid maak dat God nooit klaar is met sy dienaars nie.

Lees of Aflaai

20170924 Christus word met sy doop die enigste sondaar tussen gedooptes

Hierdie preek wys dat Christus Homself met sy doop deur Johannes die Doper die enigste sondaar tussen gedooptes maak. Jesus maak Homself nie deur sy doop ʼn geestelike nie. Johannes wys dat Christus met sy doop alles agterstevoor draai wat Johannes van die Christus verwag het. Jesus word in die plek van sondaars die enigste sondaar sodat hulle sondeloos kan wees. Hy skep nie ʼn geestelikheid om jouself sondeloos te maak deur Jesus na te doen nie. Ons word met water gedoop as teken dat Christus tussen gedooptes die enigste sondaar was en ons vir God nooit sondaar sal wees nie, maar sy kinders. Daar is net een doop. Die doop wat wys ons is in en met Christus nie sondaars nie. Alle ander waterrituele wys dat mense net so geestelik soos Jesus wil wees deur Jesus te probeer nadoen in ʼn doop wat nooit gebeur het nie: Jesus wat Homself as geestelike sou laat doop het. Ons kan nie soos Jesus gedoop word nie want ons kan nie die enigste sondaar tussen sondaars word nie. Ons word gedoop omdat Hy ons sondeloos laat wees, nie omdat ons bekeerd of geestelik sou wees nie.

Lees of Aflaai

20170917 Die Woord van God nie stemme van God nie laat ons in Christus glo en Hom liefhê

Inhoud Die agste Reformasiepreek. Hierdie preek wys die verskil uit tussen die Woord van God en stemme van God wat geestelikes hoor. Die Bybel is God se Woord. Mense wil in God se Woord hoor dat God hulle begeertes sal waarmaak. Dit is hoe hulle stemme van God hoor: hulle hoor dat God bevredig hulle begeertes, terwyl God glad nie so iets sê nie. Hierdie manier om in stemme van God te hoor God sal jou begeertes bevredig, is wat in die Reformasie “tradisiegodsdiens” genoem is. Die geloofspreuk “sola scriptura” stel dat gelowiges net in die Bybel God se Woord hoor. Hulle erken nie die gewoonte, dit is die “tradisie”, waardeur spesiale geestelikes stemme van God hoor waarin Hy hulle spesiale dinge openbaar wat nie in die Bybel is nie. Hierdie stem van God wat in geestelikes se lewe gehoor word, is volgens Paulus nonsens. Die moderne Christelikheid het ʼn nuwe betekenis aan “tradisiegodsdiens” gegee: om godsdiens uit gewoonte en nie as ʼn geestelike ervaring te beoefen nie. Op hierdie wyse maak hulle dit wat geken word as tradisiegodsdiens: om God se stem in geestelike ervarings te hoor, weer die manier om God te hoor en misken hulle die Bybel as die enigste Woord van God.

Lees of Aflaai